Dis Desember En Tyd Vir Die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees!

Thursday, November 29, 2018 - 10:50

Desember is hier en dit is tyd om saam met jou gesin te ontspan. So hoekom reël jy nie sommer ’n gesinsuitstappie, wat ook ’n verskil kan maak in kinders se lewens wat nie gelukkig genoeg is om die feestyd saam met hulle geliefdes te vier nie?

Deur vanaf 1 tot 31 Desember die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES te ondersteun, sal jy nie net ’n skouspelagtige versameling Kersfeesliggies beleef nie, maar ook die mooiste musiek hoor én ’n belegging maak in die lewens van die 210 inwoners van Jakaranda Kinderhuis in Pretoria vir 2019.

2018 se doelwit is om weereens ’n onvergeetlike feesseisoen-uitstappie vir publiek aan te bied. Ons het hulle ondersteuning nodig om te verseker dat ons vir ons kinders kan omgee, versorg en ontwikkel omdat hulle beter verdien,” sê Gary van Veenhuyzen van Jakaranda Kinderhuis se bemarkings- en fondsinsamelingspan. “Dié projek voorsien nie net aan die nodige fondse nie, maar stel die Kinderhuis bloot aan mense wat nie noodwendig van ons geweet het nie.”

Feesgangers by die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES kan daarna uitsien om op uitgesoekte aande vermaak te word deur musikante soos Dewald Wasserfall, EON, Saarkie, Joshua na die Reën, Tussen Sterre, Heuning, 2nd Life, Ampie, Sharoney en vele meer.

Ek glo dat ons almal moet teruggee in die lewe. As ’n mens gesond is, is jy ryk. Ek help altyd waar ek kan en besef elke dag hoe bevoorreg ek is. Die publiek gaan mal wees oor dié vertoning, want dit word deur ’n span wêreldklas-tegnikuste behartig en ondersteun deur kunstenaars met groot harte,” sê Ampie oor die geleentheid om hierby betrokke te kan wees.

Buiten vir die musiek en liggies, sal daar verskeie kos- en kersmarkstalletjies tydens die fees beskikbaar wees, asook opwindende trein- en mallemeule ritte vir die kinders.

Die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES word met trots ondersteun deur Pretoria FM, Coastal Hire, DW Audio & Backline, Ehlers Prokureurs, Status Hiring, Waste Group, Unlimited Events Group en LaserX.

Die Kinderhuisgronde; in Talitha Kumistraat 1, East Lynne, Pretoria; kan daagliks vanaf 18h00 tot 22h00 besoek word. Op konsertdae sal hekke reeds om 17:00 open en kaartjies sal beskikbaar wees teen R30 per persoon.

Boek die volgende Konsertdatums:

1 Desember: Eunice Kemp, 2nd Life, Layla Skye, Heuning, Joe Foster, Xander Joubert
2 Desember: Monique Steyn, Anton Botha, Sharoney, Saarkie, Gevoel van Veiligheid, Michelle Marx
7 Desember: Con Grazia, Alida, Jennifer Zamudio, Martin Bester, Irene-Louise van Wyk, Devon Jay Scott
8 Desember: Erin Beck, Zanzi Africa, Geraldine Scholtz, Layla Skye, Zita, Hanco
9 Desember: Joshua na die Reën, EON, 2nd Life, Ampie, Kirsten Schlebush, Kosie Beukes
12 Desember: Jakkie Louw, Marulaboom, Heidi, CH2, Bianca Goosen, Hanna Boss
14 Desember: Eunice Kemp, Henry van Dyk, Elme Churr, Riaan Grobler, Ricky Faber, Die Ventertjies plus ’n Laser X-vertoning!
15 Desember: Lieflinge, Harlind, Sharoney, Klikkerland, Irene-Louise van Wyk, RNK plus ’n Laser X-vertoning!
21 Desember: Mariska, Talana, Stephan Visagie, Dewald Wasserfall, Eunice Kemp, Rudi Claase
24 Desember: Karlien Husselman, Venetia Rose, Biance Goosen, Tussen Sterre, Eunice Kemp

Die kinders en personeel by Jakaranda Kinderhuis sien uit daarna om julle te ontvang en saam met jou te deel in die betowering van die feesgety. Moet dit nie mis nie!

RAAK BETROKKE!
Indien jy of jou besigheid ’n amptelike borg wil word of ’n skenking wil maak vir die JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES, kontak gerus vir Gary van Veenhuyzen direk by marketing@jacarandachildren.co.za of skakel 073 844 9994 vir meer inligting. Jou bydrae sal baie waardeer word.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/Liggiefees/
Instagram: @jakarandakinderhuis
Twitter: @liggiefees
Web: https://jacarandachildren.co.za/

MEER INLIGTING
E-pos: marketing@jacarandachildren.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING
Star Zoo Factory
Facebook: https://www.facebook.com/StarZooFactory/

The Marketing Zoo
Wian Smith
Sel: 082 773 5685
E-pos: wian@marketingzoo.co.za

Entertainment & Event Factory
Rex van Deventer
Sel: 071 600 8800
E-pos: rex@eefactory.co.za

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

It Is Time For Jakaranda Children’s Home Annual Festival Of Lights!

December is finally here and it is time to relax and spend some time with your family. Now you have the opportunity to book an outing with your loved ones, which not only promises to be lots of fun but can also make a difference in the lives of those children who do not get to spend the holidays with families.

By supporting the JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES, from 1 to 31 December 2018, you will not only be making a contribution towards the future of Jakaranda Children’s Home’s 210 inhabitants, but also get to experience an enchanting spectacle of the most beautiful Christmas lights and music.

2018’s goal is to once again provide the public with an unforgettable festive experience. We rely on their support to equip us to be able to care for and develop our children, because they deserve the best,” says Gary van Veenhuyzen, a member of Jakaranda Children’s Home’s marketing and fundraising team. “This project does not only provide much needed funds, but also introduces our establishment to people who might not have known about it before.”

Festivalgoers who attend the JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES can look forward to being entertained by various musicians on selected evenings, like Dewald Wasserfall, EON, Saarkie, Joshua na die Reën, Tussen Sterre, Heuning, 2nd Life, Ampie, Sharoney and many more.

I believe that all of us should give something back to the community. When you are healthy, you can consider yourself rich. I always try to help where I can and this reminds me of how blessed I truly am. The public will absolutely love this event, because it boasts the talent of world class technicians and will be supported by artists with generous hearts,” says Ampie about the opportunity to be involved in this project.

In addition to lights and music, visitors can also expect good food and craft stalls, as well as fun rides for the kids.

The JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES is proudly supported by Pretoria FM, Coastal Hire, dW Audio & Backline, Ehlers Attorneys, Status Hiring, Waste Group, Unlimited Events Group and LaserX.

The premises of the children’s home is at 1 Talitha Kumi Street in East Lynne, Pretoria and can be visited from 18h00 to 22h00 daily. On concert days, the gates will open at 17:00 and tickets will be available at R30 per person.

The show dates as follows:

1 December: Eunice Kemp, 2nd Life, Layla Skye, Heuning, Joe Foster, Xander Joubert
2 December: Monique Steyn, Anton Botha, Sharoney, Saarkie, Gevoel van Veiligheid, Michelle Marx
7 December: Con Grazia, Alida, Jennifer Zamudio, Martin Bester, Irene-Louise van Wyk, Devon Jay Scott
8 December: Erin Beck, Zanzi Africa, Geraldine Scholtz, Layla Skye, Zita, Hanco
9 December: Joshua na die Reën, EON, 2nd Life, Ampie, Kirsten Schlebush, Kosie Beukes
12 December: Jakkie Louw, Marulaboom, Heidi, CH2, Bianca Goosen, Hanna Boss
14 December: Eunice Kemp, Henry van Dyk, Elme Churr, Riaan Grobler, Ricky Faber, Die Ventertjies, including a Laser X show!
15 December: Lieflinge, Harlind, Sharoney, Klikkerland, Irene-Louise van Wyk, RNK, including a Laser X show!
21 December: Mariska, Talana, Stephan Visagie, Dewald Wasserfall, Eunice Kemp, Rudi Claase
24 December: Karlien Husselman, Venetia Rose, Biance Goosen, Tussen Sterre, Eunice Kemp

The children and staff of Jakaranda Children’s Home are looking forward to being your host. Don’t miss this wonderful event!

GET INVOLVED!
If you or your company would like to become an official sponsor of or want to make a donation towards the JAKARANDA KINDERHUIS LIGGIEFEES, please contact Gary van Veenhuyzen directly at marketing@jacarandachildren.co.za or 073 844 9994 for more information. Your contribution will be greatly appreciated.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/Liggiefees/
Instagram: @jakarandakinderhuis
Twitter: @liggiefees
Web: https://jacarandachildren.co.za/

MORE INFORMATION
E-mail: marketing@jacarandachildren.co.za

PUBLICITY & MARKETING
Star Zoo Factory
Facebook: https://www.facebook.com/StarZooFactory/

The Marketing Zoo
Wian Smith
Cell: 082 773 5685
E-mail: wian@marketingzoo.co.za

Entertainment & Event Factory
Rex van Deventer
Cell: 071 600 8800
E-mail: rex@eefactory.co.za

Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za