Die Heuwels Fantasties Kry Hulle Eie Borrels Vir Kersfees!

Tuesday, December 5, 2017 - 08:05

Die Heuwels Fantasties se Borrels vir Kersfees is net betyds! Almal kort ietsie vir die gekerfde senuwees rondom die feesgety.

Borrels vir Kersfees is vir samesyn en geluk en help miskien om so bietjie te vergeet en te vergewe ook”, sê Hunter Kennedy.

Nie een van die manne in dié populêre groep kan wyn maak nie, maar hulle geskiedenis lê maar daar in die boland wynroete en hulle hou van hoe die Chardonnay Pinot Noir vonkelwyn proe. Die ryp vrugtige neus en sappige droë afwerking maak dat Borrels vir Kerfees Chardonnay Pinot Noir die ideale sjampanje vir enige geleentheid is.

Ons aanvanklike idee was om die musiek te gebruik om ‘n wynplaas/studio te besit eendag. Nie een van ons weet enigeiets van wynmaak af nie, maar gelukkig en met die hulp van Van Loveren is ons nou een stappie nader aan ons onrealistiese droom!”, lag Pierre Greeff.

Die Heuwels Fantasties was te sien in die uitverkoopte Afrikaans is Groot vertonings by die Sun Arena, Times Square by Menlyn Maine.

Hulle album OKAY! is gedurende Mei 2017 uitgereik en beskikbaar op iTunes in in uitgesoekte winkels landswyd.

Koop hulle musiek: www.suprashop.co.za

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/dieheuwels/?fref=ts&ref=br_tf
Twitter: @DieHeuwels
Instagram: @DieHeuwels
YouTube: http://www.youtube.com/user/dieheuwels
SoundCloud: https://soundcloud.com/dieheuwels
Webblad: www.dieheuwels.co.za