Die Gelofte Se Musiekvideo Uitgereik!

Embedded thumbnail for Die Gelofte Se Musiekvideo Uitgereik!
Tuesday, October 2, 2018 - 14:11

Die musiekvideo vir DIE GELOFTE, vervaardig deur Forum Films, is pas uitgereik! Hierdie treffende musiekvideo met Chris Chameleon, Adam Tas, Appel, Ghapi en Juan Boucher is verseker ‘n móét kyk!

"Die Gelofte lied gaan oor die afhanklikheid van 'n mens teenoor God. Die video wat meesterlik deur Forum Films vervaardig is, ondersteun die gewyde stemming van die besonderse lied. Geen van die sangers wat deel vorm van hierdie lied en video werp die aandag op hulself nie en die fokus bly op die boodskap van die lied", sê Johan Vorster wat in samewerking met Christoph Kotzé hierdie lied vir die eerste keer in Afrikaans getoonset het.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=II7Z2ldgaR8

Die Gelofte is 'n spesiale eed wat op 16 Desember 1838 deur die Voortrekkers (Sarel Cilliers) afgelê is voor die Slag van Bloedrivier. Dit is afgelê by Wasbankspruit wat so genoem was omdat die Voortrekkers hulle wasgoed daar gewas het. Sedertdien word Geloftedienste en -feeste jaarliks gereel om die gebeure te herdenk.

Die Gelofte is elke dag vir sewe dae vanaf 9 Desember 1838 tot en met 15 Desember 1838 afgelê, waarna God op ‘n wonderbaarlike wyse uitkoms verleen het aan die Voortrekkers op 16 Desember 1838, tydens die Slag van Bloedrivier.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/InhoudHuisMusiek/
Twitter: @InhoudHuisMus
Instagram: @inhoudhuismusiek