Dalene Matthee Se Toorbos Kry Lewe Op Die Silwerskerm

Tuesday, April 17, 2018 - 08:38

Die bekende roman, TOORBOS, uit die pen van bekroonde skrywer, Dalene Matthee, gaan binnekort lewe kry op die silwerskerm met gesoute vervaardiger, André Scholtz, aan die stuur van dié besonderse rolprent.  

Hierdie romantiese drama is gebaseer op die 2003-topverkoper met dieselfde naam, wat deel uitmaak van die oorlede skrywer se arsenaal van suksesvolle bosverhale. Dit vertel die storie van Karoliena Kapp, ’n vrou met ’n intieme liefde en verbintenis met die bos. Wanneer sy egter die man van haar drome ontmoet, veroorsaak hierdie einste bekoring ’n liefdesdriehoek wat dreig om haar uitmekaar te skeur wanneer sy moet kies tussen trou en dorptoe trek of agterbly in die plek waar sy veilig voel. Die besluite wat sy neem, lei tot ’n onvergeetlike avontuur van innerlike konflik, verandering, aanvaarding en, bowenal, liefde. 

TOORBOS word vervaardig deur bekroonde rolprentmaker, André Scholtz, onder leiding van die knap draaiboekskrywer en regisseur, René van Rooyen. Dié boeiende speelfilm lê die bekende vervaardiger na aan die hart en is ook die projek waarmee hy sy vyftigste jaar in die rolprentbedryf gaan vier in 2019. “Sowat drie jaar gelede het ek met ’n kennis van my, Peet van Rensburg, gesels oor die vervaardiging van ’n ander rolprent, toe hy vir my die boek gegee het om te lees. Na een maal se deurlees, het ek geweet dat hierdie nog ’n Dalene Matthee-wenner is! Dit speel af in die 1930’s in die Knysnabos, toe die regering houtkappers wou dwing om op die dorp te gaan woon. Hillary Matthee, Dalene se dogter, werk nou saam met ons aan die fliek en is baie bly dat ons besluit het om dit te maak,” sê hy. 

Scholtz is een van die land se mees ervare rolprentvervaardigers en het meer as dertig films, asook sewe televisiedramas en –komedies, vir SABC, M-Net en kykNET, op sy kerfstok. Hy is veral bekend vir sy betrokkenheid by die suksesvolle Oh Schucks-reeks saam met Leon Schuster, asook vir die bekroonde rolprente, ‘n Paw Paw vir my darlingDie Wonderwerker en Meerkat Maantuig.

René van Rooyen is die mede-eienaar van Red Letter Day Pictures in die Kaap en het bekendheid verwerf as draaiboekskrywer en regisseur van die lokettreffer, Mooirivier, asook Nantes. Sy is ook mede-vervaardiger en –draaiboekskrywer van Hollywood in my Huis, wat in 2015 vrygestel is. 

Die verfilming van TOORBOS sal op 21 Mei 2018 in die Knysnabos afskop. Hierdie projek word aangepak met die ondersteuning van M-Net, sonder wie se hulp en bystand dit nie die lig sou sien nie, asook Die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF), die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en Ster-

ANOTHER DALENE MATTHEE NOVEL SET TO HIT THE BIG SCREEN

 

The popular novel, TOORBOS, written by award-winning author Dalene Matthee, will soon come to life on the big screen, with renowned producer, André Scholtz, heading up this esteemed production.

This romantic drama is based on the 2003 bestseller of the same name and forms part of the deceased writer’s arsenal of successful forest novels. It tells the story of Karoliena Kapp, a woman with an intimate bond with the spirit of the forest. However, when she meets the man of her dreams, this very connection creates a love triangle that threatens to tear her apart when she has to choose between getting married and moving to town or staying in the place that makes her feel safe and free. Her decisions leads to an unforgettable adventure of inner conflict, change, acceptance, and, most of all, love.

 

TOORBOS is produced by award-winning film maker André Scholtz, under direction of the very capable scriptwriter and director, René van Rooyen. This fascinating feature film lies close to this accomplished producer’s heart and is also the project with which he will be celebrating his 50th anniversary in the film industry in 2019. “About three years ago, I talked to Peet van Rensburg about producing another movie when he gave me the book to read. After reading through it once, I knew that this was yet another Dalene Matthee hit! It is set in the 1930s in Knysna, when the government wanted to force woodcutters to move to town. Hillary Matthee, Dalene’s daughter, is working closely with us on the movie and is very excited about our decision to take on this project,” he says.

Scholtz is one of the country’s most experienced film producers and has produced and co-produced more than thirty films, as well as seven television dramas and comedies, for SABC, M-Net and kykNET. He is best-known for his involvement in the successful Oh Schucks franchise with Leon Schuster, as well as for acclaimed films like ‘n Paw Paw vir my darling, Die Wonderwerker and Meerkat Maantuig.

René van Rooyen is co-owner of Red Letter Day Pictures in the Cape and is famous for her work as scriptwriter and director of the blockbuster, Mooirivier, as well as for the film Nantes. She is also co-producer and writer of the movie Hollywoond in my Huis, which was released in 2015.

Filming of TOORBOS kicks off in the Knysna bush on 21 May 2018. This project is supported by M-Net, without whom it simply would not have been possible, as well as the NFVF and the Department of Trade and Industry and Ster-Kinekor Entertainment.