Burgerd Botha Se Nuutste Enkelsnit Stel Nie Teleur Nie

Embedded thumbnail for Burgerd Botha Se Nuutste Enkelsnit Stel Nie Teleur Nie
Monday, November 5, 2018 - 13:25

Burgerd Botha se debuut solo-album, HARTLAGSIEL, is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke en is in April vanjaar uitgereik. Enkelsnitte soos As jy nog twyfel, Hartlagsiel en Die Sterre het gesorg dat Burgerd se stem oor die afgelope paar maande gereeld oor die radio gehoor kon word en het ook op radiostasies se trefferparades landswyd stelling ingeneem.

Sy musiek nooi jou uit om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde en sy nuutste enkelsnit, DEUR VUUR GETEMPER, stel nie teleur nie.

Elke mens gaan op een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n traumatiese tyd. Dit is onvermydelik. Wat wel belangrik is, is om na die omstandighede te kyk as slegs ‘n fase wat jou suiwer en dat dit jou gaan vorm om sterker te word. Dit is die simboliek agter die liedjie en vandaar ook die titel, DEUR VUUR GETEMPER”, sê Burgerd.

Hierdie nuwe enkelsnit en die musiekvideo vir hierdie enkelsnit is beide vandag bekendgestel.

Die musiekvideo is deur Christiaan Wolf van Brickwolf vervaardig en op ‘n afgeleë area in Gauteng geskiet.

Aan die begin van die video wys dit hoe dit dalk mag lyk asof ek alles verloor het. Deur die loop van die video wys ek hoe ek opstaan en myself nie laat definieer deur die ervarings wat ek gehad het nie. Ek skud die stof van my af en beweeg aan om my doel op aarde te bereik soos my Hemelse Vader dit vir my beplan het”, sluit Burgerd af.

Kyk die video hier: https://youtu.be/tJse1hemqgc

Die album is op die volende digitale platforms beskikbaar:

iTunes
https://itunes.apple.com/us/album/hartlagsiel/1372598733?app=itunes&ign-mpt=uo%3D4

Google Play Music:
https://play.google.com/store/music/album/Burgerd_Botha_Hartlagsiel?id=Bhfyeuw63xyf2ypsg7vybi5ctzu

Amazon:
https://www.amazon.com/gp/product/B07C6X4BBN

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook:
https://www.facebook.com/BurgerdBothaMusiek/
Twitter: @burgerdbotha
Instagram: @burgerdbotha

Burgerd Botha’s New Single Does Not Disappoint

Burgerd Botha’s debut solo album, HARTLAGSIEL is a captivating combination of acoustic pop, heartfelt ballads and interesting electronic sounds and was released during April 2018. Singles like As jy nog twyfel, Hartlagsiel and Die Sterre afforded him regular airplay on radio stations nationwide.

His music invites audiences to sing along and get lost in thought about life and love and his latest single, DEUR VUUR GETEMPER, will not disappoint you.

Every person will go through a traumatic experience in life at least once. This is inevitable. What is realy important is that you must look at your situation as a phase through which you have to go in order to come out stronger on the other side and to be purified. From there the theme, DEUR VUUR GETEMPER (Purified by fire)”, says Burgerd about his latest single for which the music video was also released today.

The music video was produced by Christiaan Wolf from Brickwolf and it was filmed in a deserted area in Gauteng. “At the beginning of the video it looks like I might have lost everything. Then the video shows how I get up and how I refuse to be defined by the experiences that I had to go through. I stand up, clean myself up and move on, to fulfil the purpose on earth that God planned for me,” he concludes.

Watch the video here: https://youtu.be/tJse1hemqgc

The album is available on the following digital platforms:

iTunes
https://itunes.apple.com/us/album/hartlagsiel/1372598733?app=itunes&ign-mpt=uo%3D4

Google Play Music:
https://play.google.com/store/music/album/Burgerd_Botha_Hartlagsiel?id=Bhfyeuw63xyf2ypsg7vybi5ctzu

Amazon:
https://www.amazon.com/gp/product/B07C6X4BBN

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/BurgerdBothaMusiek/
Twitter: @burgerdbotha
Instagram: @burgerdbotha