Boon Gaan ‘n Boontastiese Konsert Hou By Weiveld In Pretoria!

Wednesday, September 26, 2018 - 17:06

Skaars drie maande sedert die musiekkroonprins van Moepelfontein sy buiging op die Weiveld-verhoog in Pretoria gemaak het, is hy terug om gehore verder te vermaak met partytjiemusiek uit die BOON-ste rakke!

Op Saterdag, 29 September 2018, hou BOON sy eerste vollengte konsert by dié gewildste kuierplek in Gauteng en dit beloof om die partytjie van die eeu te wees. Nie net gaan hy sy unieke verwerkings van bekende treffers opvoer nie, maar ook twee splinternuwe oorspronklike snitte vanaf sy komende album met aanhangers deel. Woes Mal, wat een van hulle is, is reeds baie goed ontvang op sosialemedia.

Hierdie hoogsvermaaklike kunstenaar het in Julie vanjaar opslae gemaak met die bekendstelling van die Weiveld se nuwe temalied, Weiveld Click, met spitsvondige tong-in-die-kies-lirieke en ’n polsende lekkerluisterwysie, wat soos ’n waffers Amerikaanse kletsrymgedoente, afgespeel het op die rooitapyt – kompleet met ’n goue konfetti-ontploffing, flitsende kameras, lyfwagte en dansers wat hulle lywe op die lekker ritme kom rondswaai het.

Kyk die musiekvideo, wat tydens hierdie skouspelagtige geleentheid verfilm is, hier:

https://www.facebook.com/BoonArtist/videos/671519606530939/

BOON, wat sy musiek beskryf as ‘Trap’ (’n mengsel van Transmusiek en Kletsrym), is ’n baanbrekermusikant van die een-en-twintigste eeu wat deur internasionale musiekbase ontdek is in 2006, tydens een van sy optredes by Caesar’s Palace. Hy is ’n man van vele talente (bak, dans, sport, skryf), ’n vlymskerp humorsin en ’n onblusbare lewenslus, wat hom gewild maak onder oud en jonk. Hy deel tans ’n one bedroom met sy straatbrak, Bakkies Botha, in die stad. Die sanger is baie opgewonde om sy “Boontastiese” talent en uniekheid met die wêreld te deel.

Kaartjies vir hierdie onvergeetlike konsert kan teen R70 gekoop word by www.Ticketpro.co.za of by die ingang (solank voorraad hou) en deure sal om 19h00 open.

Die jong sanger en liedjieskrywer, Kirsten Schlebusch, sal Saterdagaand se verrigtinge open. Al is hy net agtienjaar oud, is hy reeds ’n gesoute musikant met ’n pragtige stem en ’n groot aanhang. Hy is ook die seun van die suksesvolle musiekpaar, 2nd Life.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/BoonArtist/
Instagram: @boon_sanger / @BoonTasties
Hutsmerk: #Boontasties

Boon Returns To The Weiveld Stage This Saturday!

Less than four months since his debut performance at Weiveld in Pretoria, the crown prince of music from Moepelfontein is back in the house to wow and entertain the home crowd with his sick party beat and !

On Saturday, 29 September 2018, BOON is having his first proper full length concert at Gauteng’s favourite social hotspot and it promises to be the party of the century! Not only will he be performing unique cover renditions of old crowd favourites, but he will also be introducing two brand new songs with fans. Woes Mal, one of the new original tracks off his coming album, has already been very well received on social media.

This highly-entertaining superstar made his Gauteng stage debut in July 2018 during the launch of Weiveld’s official new anthem, Weiveld Click, which dazzled both the crowd and media with its witty cleverly plotted lyrics and upbeat tune. The song kicked off in true American Rap Concert fashion – with a red carpet walk-in, gold confetti explosion, flashing cameras, body guards and dancers showing off their moves to the catchy beat.

Watch the music video that was filmed during this epic event, here:

https://www.facebook.com/BoonArtist/videos/671519606530939/

21st century pioneer singer, BOON, who describes his musical style as ‘Trap’ (something between Rap and Trance), was discovered by international music scouts in 2006 while performing at Caesar’s Palace. He has many hidden talents (including baking, dancing, sports and writing), a wicked sense of humour and an inexhaustible zest for life, which makes him a hit amongst young and old. He currently shares a bachelor’s pad with his dog, Bakkies Botha, in the city and is very excited about sharing his “Boontastic” talent with his new fans.

Tickets cost R70 and are available from www.Ticketpro.co.za or at the entrance (for as long as stocks last) and doors will open at 19h00.

Newcomer, Kirsten Schlebusch, will be opening the show on Saturday. Although he is only eighteen, he has already made name for himself as a talented vocalist and songwriter. He is also the son of the musical couple, 2nd Life.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/BoonArtist/
Instagram: @boon_sanger / @BoonTasties
Hashtag: #Boontasties