Antonio Banderas Is Puik In Die Nuwe Pedro Almodóvar Rolprent, Pain And Glory!

Thursday, November 21, 2019 - 11:58

Die nuwe Pedro Almodóvar rolprent, PAIN AND GLORY, is ’n studie van aanvaarding, openbaring en versoening; dit gaan oor flieks se verhouding met die verlede en die krag wat dit het om herinneringe te herskep en aanvaarding te bewerkstellig. Dié prent is ook Spanje se amptelike Oscar-inskrywing vir die Buitelandse Rolprent-afdeling en het reeds twee toekennings ingepalm by die Cannes-filmfees vir Best Akteur (Antonio Banderas) en Beste Komponis (Alberto Iglesias). Die Oscar nominasies word op 13 Januaraie 2020 bekendgemaak en die amptelike Oscar geleentheid vind plaas op 9 Februarie 2020.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=pEjFOkCKb3g

Antonio Banderas lewer puik toneelspel as die regisseur en rolprentlegende, Salvador Mallo, en is ook regdeur die fliek te sien in Almodóvar se kleurvolle hemde en skoene. Die akteur, met ’n bos hare en baard wat plek-plek grys word, groei en krimp saam met die storielyn en vang dus die karakter se sterk- en swakpunte perfek vas.

Salvador ly aan verskeie kwale wat op die ou einde veroorsaak dat hy nie meer films kan maak nie. Fisiese en emosionele pyn, veroorsaak dat hy in ’n siklus van depressie verval. “Ek ken die vrees daarvan om nie in staat te wees om flieks te maak nie baie goed en kan daarmee vergelyk,” verduidelik Almodóvar vanuit ’n persoonlike perspektief.

’n Toevallige ontmoeting, plaas hom in kontak met een van sy oud-kollegas, Alberto (Asier Etxeandia), wat van hom vervreem geraak het as gevolg van sy dwelmverslawing. Alberto het nog nie volkome van sy verslawing genees nie, maar Salvador se risiko om in verslawing te verval is baie hoër as syne. Hulle nuutgevonde vriendskap word getoets nadat hulle bedwelm by die voorskou van een van hulle ou rolprente opdaag, met katastrofiese en skreeusnaakse gevolge.

Nadat hy ’n persoonlike monoloog op Salvador se skootrekenaar sien, oortuig Alberto vir Salvador om hom toe te laat om dit op te voer as ’n eenman-vertoning. Salvador stem in, op voorwaarde dat hy nie as skrywer gelys word nie. Hierdie eenvoudige aksie, het ’n reeks gebeure tot gevolg wat lei tot ’n merkwaardige en baie teer herontmoeting.

PAIN AND GLORY het twee storielyne: Die huidige, waarin Salvador en Alberto hulle vriendskap hervat en hy verslaaf raak aan heroïene, pynmedikasie en alkohol, wat hom dieper-en-dieper in ’n wêreld van herinneringe laat verval – waaruit die tweede storielyn voortspruit.

Die terugflitse onthul geleidelik hoe Salvador en sy ma, Jacinta (Penelope Cruz), tydens sy kinderjare in ’n armoedige grotagtige huisie gebly het. Julieta Serrano, wat ’n puik vertolking lewer as sy ma in haar 80’s, verklap in ’n helder oomblik dat hy nooit ’n goeie seun was nie.

PAIN AND GLORY word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 6 Desember 2019, maar geesdriftige ondersteuners van Almodóvar se werk kan reeds die film by die Europese Filmfees gaan kyk wat sal plaasvind by die volgende Ster Kinekor Teaters vanaf 30 November tot 4 Desember 2019:

JHB (SKT Rosebank Nouveau):

  • 30 Nov at 20:45
  • 4 Dec at 20:15

PTA ( SKT Brooklyn Nouveau)

  • 1 Dec at 18:15
  • 4 Dec at 20:00

CPT (SKT V&A Nouveau)

  • 30 Nov at 20:15
  • 4 Dec at 20:00

PAIN AND GLORY is Pedro Almodóvar se beste en mees persoonlike werk tot op datum. Dit is verhaal van herinneringe, spyt en aanvaarding en laat die lyne tussen kuns en lewe vervaag. Dit is ’n mengsel tussen outobiografiese inligting en fiksie, met ’n kragtige effek. Soos die titel verklap, is die eindresultaat ’n warrelwind van hartseer en vreugde, wat kykers - van begin tot einde - sal boei.

PAIN AND GLORY WYS IN DIE VOLGENDE TEATERS VANAF 6 DESEMBER 2019:

STER KINEKOR:

  • Rosebank Nouveau
  • Boorklyn Nouveau
  • V&A Nouveau

NU METRO

  • Hyde Park
  • V&A Waterfront

INDEPENDENT

  • Labia Orange St.

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: @PainAndGloryMovie
Twitter: #DolorYGloria
Instagram: @dolorygloriait

Antonio Banderas Gives The Performance Of His Career In New Pedro Almodóvar Film, Pain And Glory!

The new Pedro Almodóvar film, PAIN AND GLORY is a study of acceptance, revelation and reconciliation; it is about cinema’s relationship with the past and its power to reshape memories as a means of coming to terms with it. This film is also Spain’s official entry for the best International Feature Film Oscar.

It has won two Cannes Film Festival Awards – Best Actor (Antonio Banderas) and Best Soundtrack (Alberto Iglesias). The nominations for the Academy Awards (Oscars) will be announced on 13 January 2020 and the official Academy Awards ceremony will take place on 9 February 2020.

Watch the trailer here: https://www.youtube.com/watch?v=pEjFOkCKb3g

Antonio Banderas gives the performance of his career as the aging filmmaker and onetime provocateur Salvador Mallo – a role for which he was outfitted with Almodóvar’s colourful shirts and high-tops. Sporting a salt-and-pepper beard and a shock of hair (not unlike Almodóvar’s), the actor seems to shrink and grow simultaneously, perfectly capturing both the strengths and weaknesses of his character.

Salvador is afflicted by multiple ailments, the worst of which is his inability to continue filming. Racked by pain, both physical and metaphysical, he has retreated into a depressive cycle. Explaining the reasoning behind this, the director said: “I know very intimately the fear that you might not be able to shoot because you’re not in the shape that it requires.”

A chance meeting puts him back in touch with an old collaborator, Alberto (Asier Etxeandia), who became estranged from Salvador during the making of their last film due to his drug addiction. Alberto hasn’t fully kicked his heroin habit, but it’s Salvador who is more at risk of falling into the lap of addiction. The pair’s newly rediscovered friendship is tested after a disastrous – and hilarious – drug-fuelled appearance at a screening of an old film of theirs. 

After sneaking a look at a confessional monologue on Salvador’s laptop, Alberto convinces Salvador to let him perform the monologue as a one-man play. Salvador agrees, on the condition that he is not credited as the writer. This simple action sets in motion a chain of events which prompts a remarkable and tender reunion.

Fundamentally, PAIN AND GLORY has two tracks: The present, in which Salvador makes amends with Alberto and then promptly gets hooked on heroin which, mixed with his painkillers and generous helpings of alcohol, makes him drift further and further into his memories – the second track of the film.

The flashbacks gradually reveal Salvador’s childhood with his mother, Jacinta (beautifully played in the flashbacks by Penelope Cruz), in their meagre, cave-like rural home. Special mention is due to Julieta Serrano, who magnificently presents Salvador’s mother in her 80s. In a moment of pin-sharp, bittersweet perfection she tells Salvador offhandedly that he was never a good son.

PAIN AND GLORY is distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. and will be released in South African cinemas on 6 December 2019, but will be showcased at the European Film Festival from 30 November to 4 December as follows:

JHB (SKT Rosebank Nouveau):

  • 30 Nov at 20:45
  • 4 Dec at 20:15

PTA ( SKT Brooklyn Nouveau)

  • 1 Dec at 18:15
  • 4 Dec at 20:00

CPT (SKT V&A Nouveau)

  • 30 Nov at 20:15
  • 4 Dec at 20:00

PAIN AND GLORY is Spanish filmmaker Pedro Almodóvar’s most personal and greatest film to date. It is a tale of memory, regret and making peace with his past. It blurs the line between art and life and mixes autobiography with fiction to powerful effect. As the title suggests, the result is a swirl of heartbreak and joy.

PAIN AND GLORY RELEASING ON 06TH DECEMEBER AT:

STER KINEKOR:

  • Rosebank Nouveau
  • Boorklyn Nouveau
  • V&A Nouveau

NU METRO

  • Hyde Park
  • V&A Waterfront

INDEPENDENT

  • Labia Orange St.

SOCIAL MEDIA

INTERNATIONAL LINKS
Facebook: @PainAndGloryMovie
Twitter: #DolorYGloria
Instagram: @dolorygloriait