André Schwartz Stel Unieke Musiekvideo Vry Vir Ek Sal Wag

Embedded thumbnail for André Schwartz Stel Unieke Musiekvideo Vry Vir Ek Sal Wag
Friday, May 10, 2019 - 14:29

André Schwartz, wat pas met ’n Ghoema-toekenning vereer is vir sy lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek, is een van die mees geliefde vermaaklikheidskunstenaars in die land en met goeie rede. Dié veelsydige superster is nie net ’n uitstaande sanger, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur (Sterlopers7de Laan) en televisieaanbieder nie; maar ook ’n besigheidsman van formaat, wat alles in die lewe met passie en presiesheid aanpak.

Sy nuutste enkelsnit, EK SAL WAG, is onlangs vrygestel en getuig beslis hiervan. Binne etlike dae nadat dit uitgereik is, het dit reeds die klankgolwe van verskeie radiostasies oorgeneem en die hele land aan die praat gehad. Nóú gaan die sukses van hierdie liedjie nóg verder aangevul word met ’n unieke musiekvideo wat beslis kykers se aandag gaan trek. Hierdie is die tweede enkelsnit-vrystelling vanaf sy komende album wat op 19 Julie 2019 vrygestel sal word.

Die liedjie gaan oor onwrikbare geloof in die liefde en leer ’n mens meer oor geduld en dat as iets werklik reg voel, jy bereid moet wees om daarvoor te wag,” vertel André oor die betekenis agter dié lied uit die pen van die kykNET Afri-Visie-wenner, Hanmari de Wet. “Die konsep vir die video was my idee. In plaas daarvan om akteurs en aktrises te kry om rolle in die video te speel, het ons ’n klomp poppe gekry wat die storie vertel. Die gebeure word deur ’n kind ‘gemanupileer’, amper net soos wat die heelal ons lewens ook in ’n sekere rigting stuur. Ek het ook dieselfde uitrusting aan as een van die poppe en daar is ’n konstante verskuiwing tussen ’n fiktiewe wêreld en die werklikheid.”

Kyk die video hier: http://www.youtube.com/watch?v=88UTWTncZLw

Volgens die sanger is die video op sy plaas verfilm deur regisseur Christiaan Wolf en wil hy graag hê dat mense die storie moet verstaan en aanklank moet vind by die karakters, al is dit poppe, omdat dit eintlik ’n universele tema is wat almal ken. “Dit sal wonderlik wees as kykers elke keer wat hulle die video kyk iets anders sal raaksien,” sê hy.

EK SAL WAG se musiekvideo het ’n vars en ongewone aanslag en stel André Schwartz se uitsonderlike talent en kreatiwiteit as sanger en akteur pragtig ten toon.

Die liedjie is ook beskikbaar op alle digitale platforms – kry hom hier: https://umgafrica.lnk.to/eksalwag

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/AndreSchwartzOfficial/
Twitter: @Andre_Schwartz
Instagram: @andreschwartzsa
YouTube: https://www.youtube.com/user/AndreSchwartzVideos
Webblad: www.andreschwartz.co.za

André Schwartz Releases New Music Video With An Unusual Concept

André Schwartz, who has just received a lifetime achievement award at the 2019 annual Ghoema Awards, is one of the most loved entertainers in the South African entertainment industry and with good reason. This versatile superstar is not only an outstanding vocalist, songwriter, stage performer, actor (Sterlopers7de Laan) and television presenter; but also a successful business man who takes on every challenge in life with great passion and precision.

His latest single, EK SAL WAG, was released earlier this year and is proof that he is a force to be reckoned with. The song started playing on radio stations nationwide only a few days after its release and caused quite a stir within the music community. Now it is going to be the topic of discussion for another reason – the release of a brand new music video that is completely unique and different to what viewers are used to.

The song is about having unshakable faith in love and conveys the message that we should be more patient and that if something is truly worthwhile you must be willing to wait for it,” shares André about the meaning behind this song, written by kykNET Afri-Visie winner, Hanmari de Wet. “The concept of the video was my idea. Instead of actors, we decided to use dolls to tell the story. A child is manipulating the situation, much like the universe is guiding us to where we need to be. I am also wearing the same outfit as one of the dolls, and there is a constant shift between the children’s fantasy world and reality.”

Watch the video here: http://www.youtube.com/watch?v=88UTWTncZLw

According to the singer, the video was filmed on his farm by director Christiaan Wolf. He would like listeners to understand the story and be able to relate to the characters, even if they are only dolls, because the theme is so universal. “It would be wonderful if viewers could notice something new every time they watch the video,” he says.

EK SAL WAG’s music video has a fresh and unique approach and brilliantly showcases André Schwartz’s talent and creativity, as singer and actor, brilliantly.

The song is also available on all digital platforms: https://umgafrica.lnk.to/eksalwag

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/AndreSchwartzOfficial/
Twitter: @Andre_Schwartz
Instagram: @andreschwartzsa
YouTube: https://www.youtube.com/user/AndreSchwartzVideos
Web: www.andreschwartz.co.za