André Schwartz Se Nuutste Musiekvideo Bekendgestel!

Embedded thumbnail for André Schwartz Se Nuutste Musiekvideo Bekendgestel!
Friday, July 6, 2018 - 12:48

Die musiekvideo van André Schwartz se nuwe enkelsnit, TWEEDE KANS, is pas uitgereik en is besig om soos ’n veldbrand versprei.

Klik hier om die video te kyk: https://www.youtube.com/watch?v=BohmoULfojI

Ons het die video by Atlantic Studios (waar kykNET-programme, soos Suidooster en Tussen Ons, ook opgeneem word) in Kaapstad verfilm. Homebrew Films het dié projek vervaardig en beeldmateriaal van André se grootste hoogtepunte is uit die argiewe versamel en ingesluit in die eindprojek,” verklap Leo Smit, die uitvoerende vervaardiger van die sanger se nuutste album. “Die video self, het tien ure geneem om te verfilm en die opname is die dag nadat André klaar gemaak het met die Kaapse speelvlak van The Sound of Music.”

Die konsep agter hierdie meesterstuk was ’n spanpoging deur Leo en André en die inspirasie daarvoor het gekom toe hulle na ou foto’s gekyk het wat dié musieklegende onlangs opgespoor het uit sy jonger dae. Die idee daaragter, is om te reflekteer en te projekteer en half nostalgies terug te kyk na die dinge van die verlede en hoe dit jou na nuwe hoogtes dryf en jou lewenspad beïnvloed.

Ons wou ’n video vervaardig wat saam met die lirieke ’n sterk boodskap kon oordra sonder om te letterlik te wees – en daardie boodskap is dat André uitsien na hierdie TWEEDE KANS saam met sy aanhangers,” sê Leo. Die musikante in die video moes regtig die akkoorde van die liedjie leer ter wille van geloofwaardigheid. “Die agtergrondbeligting wat gedurende die konsertdele van die video gebruik is, is ook spesiaal vir die video gebou,” .

TWEEDE KANS is vroeër vanjaar aan die publiek vrygestel en die reaksie was oorweldigend goed. Dit kry reeds gereelde speeltyd landswyd en pryk op die trefferparades van talle radiostasies. Dit is ook aanlyn beskikbaar op iTunes en Joox (kode: AndreSchwartz).

Koop dit hier:
https://itunes.apple.com/za/album/tweede-kans-single/1043366867
https://umgafrica.lnk.to/TweedeKans

Dié treffer kan beskryf word as ’n popsnit met ’n volwasse kontemporêre aanslag en vertel hoeveel dit vir jouself, en iemand anders, kan beteken wanneer jy bereid is om tweede kanse te gee. “Ek was mal oor die liedjie toe ek dit vir die eerste keer hoor. Die melodie is beeldskoon en die lirieke, wat Joe Foster geskryf het, vang empatie vas. Ons is so vinnig om mense uit ons lewe te sny. Deur vir enigiemand met wie jy al ’n pad gestap het nog ’n kans te gee, hetsy op ’n persoonlike of professionele vlak, kan vir albei partye ’n baie lonende ervaring wees,” verduidelik André. “Die snit het ’n lekker ritme, maar is beslis nie ‘bubble gum’ nie en is iets waarna jy regtig kan luister. Mense geniet integriteit en daar is ’n integrale integriteit hierin wat luisteraars van alle ouderdomme gaan intrek.”

Volgens die kunstenaar moet musiek ’n storie vertel en met luisteraars praat en hy meen dat sy nuutste vrystelling dit perfek regkry en ook simbolies is van sy planne om weer vir ’n slag sy eie vertonings te doen. “Ek het met TWEEDE KANS gesoek om balans te kry tussen musiek en liriek wat saam praat. Die hoofdoel is egter om weer te begin konserthou. Dis iets wat ek baie afgeskeep het, maar waaroor ek baie opgewonde is omdat ek soveel nuwe dinge het om met gehore te deel,” gesels hy. “Wanneer een deur toegaan, maak God ’n venster oop en ons moet dit raaksien en aangryp as ’n tweede kans,” voeg hy by.

André Schwartz is beslis een van die grootste en mees veelsydige supersterre wat die plaaslike vermaakbedryf nóg oor die afgelope paar dekades opgelewer het. Nie net slaan hy asems weg as bekroonde sanger, liedjieskrywer en verhoogkunstenaar nie, maar beïndruk ook as akteur (Sterlopers, 7de Laan) en televisieaanbieder. Die ster het op veertien sy televisiedebuut gemaak. Hy het klassieke musiekopleiding gehad en is net so gemaklik agter die klavier as agter die mikrofoon. Daar is veertien solo-albums op sy kerfstok, waarvan byna almal goue verkoopstatus bereik het en verskeie liedjies deur hom self geskryf is. Verder is hy bekend vir verskeie radiotreffers soos Ek wil jou nooit weer sien en Lief vir alles hier en het hy ’n manier om gehore vir ure lank te bekoor met sy aangrypende en sjarmante verhoogpersoonlikheid. As teaterster, het hy bekendheid verwerf vir kragtige hoofrolvertolkings in verskeie musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en The Phantom of the Opera. Hy was ook onlangs te sien in die Suid-Afrikaanse produksie van The Sound Of Music.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/AndreSchwartzOfficial/
Twitter: @Andre_Schwartz
Instagram: @andreschwartzsa
Webblad: www.andreschwartz.co.za @andreschwartz.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

BESPREKINGS
Tel: 012 752 7687
E-pos: info@jousterre.co.za

André Schwartz Releases Music Video For New Single

Acclaimed musician, André Schwartz, has just released a music video for his brand new single, TWEEDE KANS, which is spreading like wildfire on social media!

Watch the video here: https://www.youtube.com/watch?v=BohmoULfojI

The video was filmed at Atlantic Studios (the same studio where kykNET programs, like Suidooster and Tussen Ons, are recorded) in Cape Town. It was produced by Homebrew Films and includes footage of some of André’s career highlights over the years,” reveals Leo Smit, executive producer of the singer’s new album. “About ten hours were spent on filming new video material and the recording was done the day after André finished with the Cape Town leg of The Sound of Music.”

The concept behind this masterpiece was created by Leo and André and was inspired by looking at some old pictures the musician had recently found from when he was younger. The idea behind it was to reflection, projection and to nostalgically reminisce about the past and how it has helped to inspire you to new heights and influenced the trajectory of your life.

We wanted to produce a video that, together with the lyrics, conveyed a strong message without being too literal – the message that André is looking forward to sharing this ‘second chance’ with his fans,” Leo says. The musicians in the video were also expected to learn the chords of the song in order to be authentic and believable on camera. “The lighting grid used in the performance snippets of the video was also built especially for this project”, he adds.

TWEEDE KANS was released to the public earlier in 2018 and the response has been overwhelmingly positive. It receives regular playtime on some of the biggest radio stations in the country and features on various charts. The hit is also available for purchase online at iTunes and Joox (code: AndreSchwartz).

Buy the song here:
https://itunes.apple.com/za/album/tweede-kans-single/1043366867
https://umgafrica.lnk.to/TweedeKans

The track can be described as a pop song with a contemporary twist. It conveys the message of how much it can mean to yourself and someone else when you’re willing to give second chances in life. “I loved the song when I heard it for the first time because the melody is beautiful and the lyrics, written by Joe Foster, are filled with empathy. We are so quick to cut people out of our lives and giving anyone a second chance, either on a personal or professional level, can be a very rewarding experience for both parties,” explains André. “The track has an upbeat tempo but is definitely not ‘bubble gum’ and is something you can really listen to. People tend to appreciate integrity and there is a fundamental integrity that will appeal to audiences of all ages.”

According to the artist music should be able to tell a story and connect with audiences. His latest release is a testament to the fact and is symbolic of his plans to revive the live performance part of his career. “With TWEEDE KANS, I wanted to find the perfect balance between beautiful music and meaningful lyrics. My main goal is to start doing live shows again. It is something that I have neglected over the past few years but am very excited about doing, because I have so much to share with listeners,” he says. “When one door closes, God opens a window and we must learn to see these windows as opportunities or second chances,” he concludes.

André Schwartz is most definitely one of the largest, most multi-faceted superstars in the South African entertainment industry. Over the past few decades, he has continued impressing fans, not only as an acclaimed singer, songwriter and stage performer, but also as an actor (Sterlopers, 7de Laan) and television presenter. This talented performer made his television debut at the age of fourteen. He is classically trained, both vocally and as a pianist, and is therefore equally comfortable behind the piano and microphone. As a recording artist he has released fourteen albums, of which many have reached gold status, and has written and composed several of his radio hits himself. He is best-known for songs like Ek wil jou nooit weer sien and Lief vir alles hier, as well as his ability to captivate and entertain audiences with his charming and lively stage personality. He is also known as a gifted music theatre performer and has starred in leading roles of many world-class productions, including Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance and The Phantom of the Opera and was recently seen in the role of Captain von Trapp in the South African stage production of The Sound of Music.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/AndreSchwartzOfficial/
Twitter: @Andre_Schwartz
Instagram: @andreschwartzsa
Web: www.andreschwartz.co.za

PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Web: www.starburstmusic.co.za

BOOKINGS
Tel: 012 752 7687
E-mail: info@jousterre.co.za