Amptelike Lokprent Vir Leon Schuster Se Nuwe Fliek Pas Vrygestel!

Embedded thumbnail for Amptelike Lokprent Vir Leon Schuster Se Nuwe Fliek Pas Vrygestel!
Thursday, September 27, 2018 - 13:44

“’n Heerlike avontuur tussen ’n ou man en ’n nimlike jong seuntjie, Fearless, en ’n aangrypende storie wat jou sal laat lag en huil, met ’n baba-renoster wat harte gaan steel. Dit is ’n visuele komedie, wat gatskop met boewe wat hulle alies sien in die Afrika-bos en ’n Rottweiler wat slimmer is as ’n mens. Kom saam op ’n onvergeetlike reis en bring jou snesies saam!,” sê geliefde grapjas, Leon Schuster, oor sy nuutste goedvoel-familiekomedie, FRANK & FEARLESS, waarvan die lokprent pas vrygestel is.

Kyk dit hier: https://www.youtube.com/watch?v=_8slPqV-16w

In ware Schuster-tradisie, vertel FRANK & FEARLESS die komiese verhaal van vier oulike karakters se heldhaftige streke in die Afrika-bosveld. ’n Hartlike spoorwegsjef, Sonny Frank (Leon Schuster), en ’n tienjarige plattelandse seun, Fearless (Themba Ntuli), besluit om Suidoos-Asië se ambassadeur te ontvoer in ’n poging om die uitmoor van renosters stop te sit. Saam met hulle op hierdie missie, is twee viervoet-vriende, wat bydra tot die pret en hart van die verhaal. Reini is ’n babarenoster wie se ma deur stropers doodgemaak is en Dog is Fearless se lojale swart brak. Wanneer dinge egter erg skeefloop, word hulle gedwing om ’n peloton genadelose stropers aan te vat, waaronder die skrikwekkende eks-wildbewaarder, Dolf (Kenneth Nkosi), met wie Sonny ’n geskiedenis het.

Hierdie rolprent, uit die pen van Gray Hofmeyr, Leon Schuster en Geoff Newton, is geskep deur ’n dinamiese span rolprentkundiges, met bekroonde filmmaker Gray Hofmeyr (Jock of the Bushveld, Sweet and Short, There’s a Zulu On My Stoep) as regisseur en André Scholtz en Menzi Thabede as vervaardigers. Leon Schuster is puik in die hoofrol van dié prent wat kop-en-skouers uitstaan bo enige van die legendariese vermaaklikheidspersoonlikheid vorige werk, soos Mr Bones en Mad Buddies, wat van die beste presteerders ooit by die plaaslike loket is en oorsee ook baie sukses bereik het.

FRANK & FEARLESS beloof om kykers te laat skaterlag, maar ook diep te raak met die ernstige onderliggende boodskap en persoonlike oorwinnings, wat sal aanklank vind by oud en jonk. Buiten vir uitstaande kinematografie, spog die rolprent ook met indrukwekkende 3D-animasiewerk (Luma Creative Studio), animasiemodellering (DreamSmith) en spesiale effekte (Refinery), asook die bystand van die beste kundiges om die tonele so outentiek as moontlik te maak.

Ek het betrokke geraak nadat ek genader is deur ’n promosiemaatskappy en het nog nooit teruggekyk nie. Die film sal mense hopenlik bewus maak hoe krities die situasie is en ook hoe ’n emosionele saak dit is vir mense wat elke dag hierdie slagting moet aanskou en verwerk. Die kombinasie van humor en emosie is baie goed gedoen en sal harte aanraak,” verklap dr. Jana Pretorius van die Rhino Pride Foundation.

Komplimente vir uitsonderlike spel, stroom ook in vir die sterbelaaide rolverdeling, wat Khanyi Mbau (Happiness is a Four Letter Word), Jennifer Steyn (Goodbye Bafana, Madam and Eve) en David Dennis (Soul City) insluit.

Die film word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal op 23 November 2018 landswyd uitgereik word. Dit is vervaardig deur Thabede Menzi Films, Schus Productions en Dapple Films, in samewerking met M-Net, Film Chrome, Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC), SANParks en Die Departement van Omgewingsake.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:
https://www.facebook.com/frankandfearlessmovie/?ref=bookmarks
Instagram: @frank_and_fearless
Twitter: @frank_and_fear
Hutsmerk: #Fearless

The Official Trailer For Leon Schuster’s Latest Film Was Just Released!

An epic adventure between an old man and a loveable young boy, with a captivating storyline and the cutest baby rhino that will make you want to laugh and cry. It is a kickass visual comedy about villains that get outsmarted in the African bush. Come and experience this unforgettable journey on the big screen and don’t forget your tissues!”, says funnyman, Leon Schuster, about his latest quirky comedy, FRANK & FEARLESS, of which the trailer has just been released.

Watch it here: https://www.youtube.com/watch?v=_8slPqV-16w

Set in Africa, this hilarious movie takes you on the thrilling adventure of four loveable characters in the African bush. Insecure railway chef, Sonny Frank (Leon Schuster), and a ten year old rural boy, Fearless (Themba Ntuli), set out to kidnap the ambassador of a South-East Asian country in an attempt to stop rhino slaughtering. They are joined on this mission by two four-legged friends; Reini, a baby rhino whose mother was killed by poachers and Fearless’ big and faithful black dog called Dog. When things go terribly wrong, they have no choice but to take on a platoon of merciless poachers, who are led by the terrifying ranger turned poacher, Dolf (Kenneth Nkosi), with whom Sonny has a past.

Written by Gray Hofmeyr, Leon Schuster and Geoff Newton, the motion picture was created by a dynamic team of experts, with acclaimed filmmaker Gray Hofmeyr (Jock of the Bushveld, Sweet and Short, There’s a Zulu On My Stoep) as director and André Scholtz and Menzi Thabede as producers. Schuster is absolutely brilliant in the lead role of this captivating and emotional story, which is unlike anything else previously produced by this legendary entertainer whose films, like Mr Bones and Mad Buddies, are some of the highest-grossing local productions with impressive international sales.

FRANK & FEARLESS promises some incredibly funny laughs combined with a powerful message and some heartfelt personal revelations that will keep audiences captivated until the credits start rolling. Aside from brilliant cinematography, the movie also boasts high-tech 3D animation (Luma Creative Studio), animatronics (DreamSmith) and special effects (Refinery), and the best experts were called in to make the film as authentic as possible.

I became involved after being approached by a promotions company and have not looked back since. Hopefully, the film will make viewers aware of how critical this situation is and make them realize the emotional impact it has on those who have to see the effects of rhino poaching on a daily basis,” shares The Rhino Pride Foundation’s, Dr Jana Pretorius.

The star-studded cast, which includes Kenneth Nkosi (Tsotsi), Khanyi Mbau (Happiness is a Four Letter Word), Jennifer Steyn (Goodbye Bafana, Madam and Eve) and David Dennis (Soul City), are also praised for their outstanding performances in this heartwarming movie.

The film, which will be released in local cinemas on 23 November 2018, was produced by Thabede Menzi Films, Schus Productions & Dapple Films, in association with M-Net, Film Chrome, SANParks, The Department of Environmental Affairs, the IDC and the DTI and will be distributed by Filmfinity (Pty) Ltd.

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook:
https://www.facebook.com/frankandfearlessmovie/?ref=bookmarks
Instagram: @frank_and_fearless
Twitter: @frank_and_fear
Hashtag: #Fearless