ADAM stel nuwe enkelsnit bekend!

Tuesday, January 29, 2019 - 09:37

Uit die pen van Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Nerine Gardiner, stel ADAM hulle nuutste enkelsnit, Iets In Die Water, bekend.

Ek het die inspirasie gekry toe Demi-Leigh Nel-Peters die titel van Mej Heelal ingepalm het in 2017. Ek het gedink Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die ADAM-toere, het ons besef dat Suid-Afrika regtig die mooiste meisies het. Die enigste verduideliking hiervoor, moes wees dat daar iets in die water is”, verduidelik Hugo.

Hugo en Reynardt het die melodie geskryf en toe die hulp van Nerina Gardiner ingeroep om hulle gedagteproses korrek te verwerk en die lirieke vas te pen, sodat die aanslag van die liedjie korrek kon oorkom.

Iets in die Water was van die begin af een van ons gunsteling liedjies op die album. Die mense dans en sing uit volle bors saam. Dit is ‘n trots Suid-Afrikaanse liedjie”, voeg Reynardt by.

Die liedjie is beskikbaar op ADAM se album, Bewe, wat in 2018 uitgereik is.

ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: 
https://www.facebook.com/adamgroep/
Twitter: @hugoludikADAM
Instagram: @adambandsa
Web: www.adamband.co.za

BESPREKINGS
CO Productions

Corne Oosthuizen
corne@coproductions.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies

Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela101@gmail.com
Webblad: www.starburstmusic.co.za