ADAM Se Nuwe Enkelsnit Tref Radiostasies Vandag!

Monday, February 12, 2018 - 10:05

Wanneer jy na ADAM se musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom dié musiekgroep so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf. Hierdie drie musikante, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het nou maar een maal ’n manier om pragtige lirieke te verweef met hulle kenmerkende unieke styl en dit in perfekte harmonie met luisteraars te deel. Hulle nuwe dubbel-album sal vanaf April op die rak wees en gaan voortbou op die wenresep wat van dag een af aanhangers se harte verower het.

Die manne se splinternuwe enkelsnit, Sê My (Bewe), tref radiostasies landswyd vandag!

Die liedjie is geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry - en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet. “Die snit is baie tong-in-die-kies, maar ongelooflik lekker om te sing en op te voer. Ons het nog nooit ’n liedjie gehad wat 100% net speels en komieklik is nie, so ons is opgewonde oor die een!” meen Hugo. Dit is deur Reynardt, Hugo en Vaughan geskryf en gaan oor daai corny pick-up lines wat mans so gereeld gebruik. “Dit is ’n catchy tune waarby almal sal aanklank vind en beloof om ’n groot treffer te wees,” verklap Reynardt. ’n Musiekvideo vir die snit is ook in die pyplyn.

Sê My (Bewe), is een van tien splinternuwe snitte wat op ADAM se nuwe spesiale dubbel-CD sal verskyn. Dié CD is ‘n hervrystelling van die trio se suksesvolle album, Hoogtevrees, wat in Augustus 2016 uitgereik is en wissel tussen voetstamplekker dansliedjies, sielvolle hartsballades en kreatiewe verwerkings van ou gunstelinge. Die nuwe inhoud van hierdie spesiale vrystelling was ’n spanpoging deur Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan Gardiner en Nerine Gardiner. Dit sluit ook ’n duet, Kalmeer, met Kyle se vrou in, wat beloof om selfs die kritieste oor tevrede te stel.

As jy vandag jou radio aanskakel is die kanse goed dat jy ADAM se nuwe enkelsnit gaan hoor!

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/adamgroep/
Twitter: @adamgroep
Web: www.adamband.co.za

ADAM’s New Single Hits Radio Stations Today!

It is easy to understand why ADAM is so popular in the Afrikaans entertainment industry. This musical trio, consisting of Hugo Ludik, Reynardt Hugo and Kyle Grant, has the unique ability to soulfully combine beautiful lyrics and captivating melodies with their distinctively unique style and deliver it to listeners in perfect harmony. Their new special deluxe double album will hit the shelves in April this year and will improve on the winning recipe that made them famous.

The band’s brand new single Sê My (Bewe) hits radio stations nationwide today!

The song is a cheeky dance track, and will be the first single to be released from their new album. The song was inspired by Hugo’s failed attempts to get a girlfriend and especially to meet a nice girl at a bar. “The single is tongue-in-cheek and fun to perform. It is the first time that we have a song that is both playful and humorous and we are very excited about it,” shares Hugo. It was a team effort by Reynardt, Hugo and Vaughan Gardiner and is about those corny pick-up lines that men use so often. “It is a catchy tune that everyone will be able to relate to and has the potential to be a hit,” Reynardt says. A music video of the song will also be available soon.

The new special deluxe edition will include a copy of their previous highly successful album, Hoogtevrees, which was released in August 2016, as well as ten brand new offerings. The latter is a mixture of upbeat dance tracks, heartfelt ballads and new renditions of old crowd favourites. The latest batch of original songs were written by Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan Gardiner and Nerine Gardiner. It also features a duet, Kalmeer, with Kyle’s wife which promises to satisfy even the most critical of ears.

If you switch on your radio today chances are good you will hear the new single!

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/adamgroep/
Twitter: @adamgroep
Web: www.adamband.co.za