Adam Reik Musiekvideo Vir Kalmeer Uit

Embedded thumbnail for Adam Reik Musiekvideo Vir Kalmeer Uit
Friday, August 10, 2018 - 12:15

Met die uitreiking van ADAM se tweede enkelsnit, KALMEER, het die manne ernstig geraak en ‘n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika gebring:  “Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, Apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker anderkant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan”, sê Hugo Ludik.

Die musiekvideo vir hierdie treffende lied, wat vervaardig is deur Fathom Media en finansieël ondersteun is deur Afriforum en Dapper Media, is pas uitgereik.  Dit is geskiet by die Willem Prinsloo Landbou Museum in Cullinan.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=AR1snHDwttY

Die lirieke in die lied, “ons trek nou swaar, ons was al daar”, is ‘n herinnering dat vorige generasies van Afrikaanse mense ook gesukkel het en hulle eie uitdagings van hul tyd moes deurmaak en oorkom.  “Ons probeer net vir mense sê dat dit nie saak maak waardeur hulle op die oomblik gaan nie – ‘n mens kan bo uitkom want ons voorgangers het”, sê Kyle Grant, wat ook verantwoordelik was vir die ontwikkeling van die konsep vir hierdie video.

Die talentvolle sangeres, Elizca Coetzer (vrou van Kyle Grant), is ook in die musiekvideo te sien en sing saam met die manne van ADAM op hierdie lied.  Sy word beskryf as een van Suid-Afirka se beste sangeresse en het al ‘n Naledi –toekenning ontvang en baie hoofrolle in musiekblyspele agter haar naam. Volgens die groep is sy die enigste vroulike kunstenaar in die land wat hulle voel reg aan hierdie lied kon laat geskied.

KALMEER is ’n liedjie van HOOP. “Ons trek nou swaar, maar ons was al daar, ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaakTrek In. Word stil. Kalmeer.

Die lied is ook beskikbaar op ADAM se album, BEWE, wat in  Maart 2018 vrygestel is.

ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/adamgroep/
Twitter: @hugoludikADAM
Instagram: @adambandsa
Web: www.adamband.co.za

Adam Releases Music Video For Kalmeer

 

With the release of their second single, KALMEER, the trio became more serious and wanted to share a powerful message with the South African youth:   “I wrote KALMEER because of my own uncertainty about my/ our future as the youth of South Africa, as well as political uncertainty. It was something that really troubled me and made me think a lot. But I came to the conclusion that everything is going to be okay. We, as a nation, have faced challenges and uncertainties like this before (Anglo-Boer War, Apartheid and other times of political turmoil) and came out stronger on the other side. We are all stronger because of that,” says Hugo Ludik.

The music video for this powerful song, produced by Fathom Media and financially supported by Afriforum and Dapper Media, has just been released.  It was shot at the Willem Prinsloo Agricultural Meuseum in Cullinan.

Watch the video here:    https://www.youtube.com/watch?v=AR1snHDwttY

The lyrics in the song, “ons trek nou swaar, ons was al daar”, is a reminder that previous generations also faced challenges but they made it through.  “We are trying to encourage people with this song.  No matter how difficult your circumstances, you can rise above it”, says Kyle Grant who also developed the concept for this music video.

The talented singer, Elizca Coetzer (Kyle Grant’s wife) also features in the video and sings with the group. Elizca is one of the best female vocalists in South Africa and has won a Naledi Award and starred in various musicals.  According to the band they felt that she was the only singer in the country that could do this song justice.

Kalmeer is a song about HOPE. “It might be tough right now, but we have been here before, we know how to get through, because there is also healing in suffering...” (“Ons trek nou swaar, maar ons was al daar, ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaak…”) Pull back. Be quiet. Calm Down.

The song is also available on ADAM’s album BEWE that was released in March 2018.

ADAM is Hugo Ludik, Reynardt Hugo and Kyle Grant.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/adamgroep/
Twitter: @hugoludikADAM
Instagram:  @adambandsa
Web: www.adamband.co.za