ADAM HET ’N BOODSKAP VIR DIE JEUG VAN SUID-AFRIKA

Tuesday, June 5, 2018 - 11:46

Die gewilde musiekgroep, ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se album, BEWE, is gedurende Maart 2018 vrygestel. Dié album is ’n bewysstuk van hoe baie hulle gegroei het as kunstenaars oor die afgelope klompie jare. Hulle eerste enkelsnit, Sê My (Bewe),is vroeg in 2018 al uitgereik en pryk steeds op trefferparades landswyd. Dit is ’n lekker tong-in-die-kies liedjie geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry - en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet.

Maar nou, met die uitreiking van hulle tweede enkelsnit, Kalmeer, raak die manne ernstig en het hulle ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika:

“Ek het Kalmeergeskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, Apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker anderkant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan”, sê Hugo Ludik. 

Die talentvolle sangeres, Elizca Coetzer (vrou van Kyle Grant), sing op hierdie liedjie saam met die manne van ADAM. Wanneer jy hulle vra oor hoekom hulle juis op Elizca besluit het, is dit asof hulle uit een mond antwoord: “Elizca is volgens ons Suid-Afrika se beste sangeres. Sy het al ’n Naledi-toekenning ontvang en het al baie hoofrolle in musiekblyspele gespeel, maar sy het net nog nooit ’n studio-album opgeneem nie. Ons al drie voel dat sy letterlik die enigste vroulike kunstenaar in ons land is wat hierdie “justice” kon doen”.

Kalmeeris ’n liedjie van HOOP. “Ons trek nou swaar, maar ons was al daar, ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaak”… Trek In. Word stil. Kalmeer.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook:https://www.facebook.com/adamgroep/

Twitter:@hugoludikADAM

Instagram:@adambandsa

Web:www.adamband.co.za

ADAM HAS A MESSAGE FOR THE YOUTH OF SOUTH AFRICA

Popular music group, ADAM’s (Hugo Ludik, Reynardt Hugo and Kyle Grant) latest album, BEWE, was released in March 2018 and is proof of how much their music have grown over the past few years. The first single, Sê My (Bewe),was very well received and still features on the hit charts of various radio stations across the country. It is a cheeky song, inspired by Hugo’s failed attempts to find a girlfriend and especially his inability to find a decent woman at a bar. 

With the release of their second single, Kalmeer, the trio become more serious and want to share a powerful message with the South African youth: 

“I wrote Kalmeerbecause of my own uncertainty about my/ our future as the youth of South Africa, as well as political uncertainty. It was something that really troubled me and made me think a lot. But I came to the conclusion that everything is going to be okay. We, as a nation, have faced challenges and uncertainties like this before (Anglo-Boer War, Apartheid and other times of political turmoil) and came out stronger on the other side. We are all stronger because of that,”says Hugo Ludik. 

The song is a duet with the talented singer, Elizca Coetzer (Kyle Grant’s wife). When asked why they decided to go with Elizca for this song, the guys answer: “According to us, Elizca is one of the best female vocalist in South Africa. She has won a Naledi Award, starred in various musicals, but has never done a studio recording. We felt that she was the only singer in the country who could do this song justice.” 

Kalmeeris a song about HOPE. “It might be tough right now, but we have been here before, we know how to get through, because there is also healing in suffering...”(“Ons trek nou swaar, maar ons was al daar, ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaak…”) Pull back. Be quiet. Calm Down.

SOCIAL MEDIA LINKS

Facebook:https://www.facebook.com/adamgroep/

Twitter:@hugoludikADAM

Instagram:@adambandsa

Web:www.adamband.co.za