1 000 000 Views Vir Early B!

Friday, November 2, 2018 - 12:39

Die bekroonde kletsrymer, Early B, se eerste musiekvideo wat vrygestel is gedurende sy solo-loopbaan, Leka Djy, het pas die 1 miljoen merk geslaan.

Die video wat 3 jaar terug vrygestel is, is geskiet in ‘n huiswinkel in Hillside, Port Elizabeth en Early B en sy vriend Virgil Jacobs, het albei die regie en redigering behartig.

“Die feit dat ek ‘n miljoen views gekry het op You Tube is vir my ‘n baie groot voorreg. Met Leka Djy het ek volstaan by die leuse dat mens nie altyd baie geld nodig het om iets interessant te skep vir mense om na te kyk nie. Dit is ook ‘n voorbeeld en inspirasie vir die mense in die minderbevoorregte gebiede dat jy nie baie geld nodig het om mense se aandag te kry nie. Ek is regtig baie dankbaar, en of dit nou 1 000 000 unieke views is of 100 mense wat 10 000 keer gekyk het, dit bly vir my 1 000 000 views en ek wil vir elkeen uit my hart bedank,” se Early B.

Na die vrystelling van Leka Djy, volg musiekvideos soos Bene Lam, Do It Duidelik en dan sy nuutste video, Ben-Ten, wat amper op 400 000 views staan.

Kyk Leka Djy video hier: https://www.youtube.com/watch?v=V-LQThIuHYg

Kyk Leka Djy EPK hier: https://youtu.be/aRow_IM9cmo

Kyk Ben-Ten video hier: https://www.youtube.com/watch?v=p6P93ISSvfo

Early B se debuutalbum, AANGENAME KENNIS, is onlangs bekendgestel en sy nuutste enkelsnit, Ben-Ten, het reeds die nommer 1 posisie op Bok Radio Top 40 en 90.6VCR Top 20 ingeneem!

Die kunstenaar (29) het, oor die afgelope nege jaar, 'n gereelde gesig geword by van die land se grootste feeste en konserte. Hy het ook al saam met groot name in die bedryf gewerk, soos die Grammy-bekroonde musiekvervaardiger, Darryl Torr, en plaaslike talent soos Emo Adams, HemelBesem en Pierre Rossouw.

Sy treffer, Cerebellum het aan hom ‘n Ghoema-toekenning besorg vir Beste Hip-Hop-liedjie in 2017. Die kletsprater spog ook met 'n diploma in Film- enTelevisievervaardiging.

Early B is geteken by Universal Musiek en hy woon tans in die pragtige Port Elizabeth.

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM
1.    Intro   
2.    Ben Ten
3.    Filters 
4.    Blesser
5.    Potte (met Jack Parow)  
6.    Bid vir pouse 
7.    Friendzone 
8.    Duk vir Drugs  
9.    As Ek Geweet Het (met Emo Adams)
10. Jy Maak Eyes  
11. Plat Badge 
12. Watch Wat Julle Praat   
13. Amen 
14. In Pas 
15. Wikkel Hulle 
16. Cerebellum  
17. Ken Jou Waarde (met ADAM)   
18. PE 

Koop die album hier:
https://itunes.apple.com/za/album/aangename-kennis/1413822537>
https://itunes.apple.com/za/album/aangename-kennis/1413822537

Volg hom op:
Facebook: https://www.facebook.com/earl.swartz.5 
Twitter: @earlyb_music
Instagram: @earlybmusic/
Webblad: www.earlybmusic.com 
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCC8fPygdzr9VjPp5Z7Cha5A 
Reverbnation: https://www.reverbnation.com/earlagemi